English | Afrikaans

JoburgSkyline-work

Die Agterplaas B&B is geleë in ‘n stil straatjie aan die voet van die historiese Melville Koppies. Die uitsig, rustige atmosfeer en voëllewe laat besoekers gou vergeet dat hulle in Suid-Afrika se besigste stad is, terwyl die verblyf 'n klipgooi van “7de Laan” se gewilde boetieks, boekwinkels, koffiekroeë en nagklubs af geleë is. Die Agterplaas is ongeveer 3 kilometer van die Universiteit van Johannesburg af, 3 km vanaf die SAUK en Media Park, 5 km vanaf Milpark Hospitaal en 7 km van Wits af.

Oor die afgelope 12 jaar het gaste van oor die hele wêreld ons besoek en kenmerkende Suid- Afrikaanse gasvryheid geniet. Die Agterplaas bied 13 en suite kamers wat as enkel-, dubbel/twin en/of drieman-eenhede met ‘n slaapbank ingerig word. Dit sluit 'n ruim kothuis met selfversorgings-fasiliteite in, wat gewoonlik vir ‘n langer verblyf aangewend word, asook drie winskoop-kamers – kleiner of sonder ‘n uitsig uit die kamer self. Al die eenhede is toegerus met 'n haardroër, waaier, verwarmer, skottel TV bouquet, 'n kroegyskassie met komplimentêre vrugtesap en koeldrank,.asook koffie/tee-fasiliteite. Gratis toesluit- motorhuise is beskikbaar, en ons verskaf gratis breëband Wi-Fi internet-toegang.

'n Verskeidenheid ontbyte word bedien in die ruim eetkamer met sy outentieke Oregon greinhoutvloere en hoë staalplafonne. Ons bied ook beperkte informele konferensie/vergadering-fasiliteite. Vervoer na die lughawe is beskikbaar teen kompeterende pryse.


DRIE-STER GEGRADEERDE GASTEHUIS

Eienaar / Bestuurder: Jannie du Toit
Hoof-Spyseniering: Badia Isaacs
Hoof-Huishouding: Riëtte van Zyl
Hoof: Ontvangs: Richard Thulo
Linneversorging: Tilly Hlalethwa
Konsultant: Lochner de Kock

• Tariewe vir langer periodes is onderhandelbaar

Kontak ons asb. nou vir verdere inligting...